Afrikaans (Afrikaans) translation by Gideon Wentink (you can also view the original English article)
U gaan in hierdie tutoriaal leer hoe om die Netnutsmiddel en die Simbool Sproei-nutsmiddel te gebruik. U gaan ook leer hoe om u beelde beter te laat lyk met ’n paar eenvoudige verstellings aan die Transparansie-instellings. En u gaan ’n feestelike winteragtergrond skep!
Gaan na GraphicRiver indien u hierdie tutoriaal wil oorslaan en die eindproduk in ’n verskeidenheid van uitlegte in banierformaat wil koop, met etikette in ’n Kerstema. Daar kan u Drie Kerslandskapbaniere koop.

Voor ons begin moet u die aanhangsel d.m.v. die knop hier regs aflaai. Dit bevat ’n paar lêers wat nuttig te pas gaan kom. Albei lêers is deur my geskep.
1. Hoe om die Agtergrond te Skep
Stap 1
Ons begin deur die bloulugagtergrond te maak.
Die eerste ding om te doen is om ’n nuwe dokument te skep deur Control-N te druk. U moet die grootte van die doek op 740 px in wydte en 300 px in hoogste stel. Skep nou ’n reghoek met die Reghoeknutsmiddel (M)—klik op die tekengebied en voer die grootte (740 x 300 px) in.

Stap 2
Nou verf u bloot die reghoek met ’n ligblouerige kleur (ek het #DEE3DD
gebruik).

Stap 3
Kies nou die Netnutsmiddel (U). Ons gaan dit ’n hele paar keer in hierdie tutoriaal aanwend.
Skep ’n paar Netpunte (nodes) deur met die Netnutsmiddel te klik om ’n rooster soortgelyk aan die een in die skermgreep te skep.

Stap 4
Kies al die nodes in die boonste ry asook die linkerste node van die tweede ry deur die Direkte Seleksie-nutsmiddel (A) te gebruik en die Wisseltoets in te hou. Kleur hierdie nodes met ’n effens donkerder kleur in, byvoorbeeld #A3B4B7
.

Stap 5
Kies die tweede en derde nodes van links in die tweede ry. Kleur hulle met ’n ligter kleur, byvoorbeeld #ECF0E7
in.

2. Hoe om Vektor-heuwels te Skep
Stap 1
Skep ’n reghoek. Dit moet dieselfde wydte en naastenby die helfte van die hoogte van die agtergrond hê. Kleur dit met ’n gelerige wit in — ek stel #FDFDF2
voor.
Nou gaan ons leer hoe om ’n vorm met die Netnutsmiddel (U) te skep.
Skep eenvoudig ’n node in die linkerste 1/5 van die reghoek en sleep dit af met die Netnutsmiddel.

Stap 2
Skep nog twee nodes en vorm die reghoek met die Netnutsmiddel (U) om soos die onderstaande beeld te lyk.

Stap 3
Kleur die drie regterste nodes van die middelry en die vier regterste nodes van die onderste ry met #E2EAE4
in.

Stap 4
Skep op soortgelyke wyse ’n tweede heuwel soos in die onderstaande beeld aangedui.

Stuur dit agtertoe en plaas dit agter die eerste heuwel (Control-[).
Stap 5
Skep nog drie heuwels soos in die beeld aangedui.

Stap 6
Rangskik laastens die heuwels in die beeld. Die resultaat moet soos volg lyk:

3. Hoe om Bome tot die Toneel te Voeg
Vir hierdie deel van die tutoriaal gaan ons ’n vektor gebruik van ’n Kersboom wat ek vroeër gemaak het. Laai dit asb. af deur die Laai Aanhangsel Af-knop op regterkant te gebruik.
Open die bronbeeld in Adobe Illustrator en sleep die vektor in u winteragtergrond.
Step 1
Maak ’n paar kopieë van die boom (Control-C, Control-V) en skaal en skuif dit om ’n klein woud op die heuwels te vorm, soos dit:

Stap 2
Pas die ondeursigtigheid van sommige bome aan sodat die beeld nie so plat vertoon nie. U kan die Transparansie-paneel in Window > Transparansie vind.

Verstel die instellings tot u tevrede is. Die bome dieper in die beeld behoort ligter te wees omdat dit deur die sneeu belemmer word.

4. Hoe om Vektor-sneeu te Skep
Stap 1
Skep eers drie verskillende sirkels deur die Ovaalnutsmiddel (L) te gebruik. Hulle groottes gaan 2 px, 3 px en 3.5 px wees met die kleur #FDFDF2
.

Stap 2
Maak ’n simbool van elke sirkel deur hulle een vir een in die Simbole-paneel (Venster > Simbole) te sleep. Kies Illustrasie as die tipe van die simbool.

Stap 3
Kies die Simbool Sproei-nutsmiddel (Wisseltoets-S). Dibbeltik daarop om die instellings te bekyk; dit behoort dieselfde as die skermgreep te wees.

Stap 4
Kies die eerste sneeuvlokkiesimbool in die Simbole-paneel. Sleep die Simbool Sproei-nutsmiddel oor die beeld en skep soveel sneeuvlokkies as wat u wil.

Stap 5
Herhaal Stap 4 met die ander twee simbole om baie verskillende sneeuvlokkies te skep. Kies elke vorm met die simbole sodra u klaar is met Voorwerp > Uitbreiding. Doen dit twee maal vir elke vorm.

Stap 6
Herhaal die vorige twee stappe tot u tevrede is met die resultaat.

5. Hoe om die Afwerking toe te Voeg
U is byna klaar! Al wat oorbly is om die beeld te verfraai. Daarvoor gaan ons ’n paar beklemtonings gebruik.
Stap 1
Skep twee sirkels en pas radiaal vervaging op albei toe. Die eerste, kleiner sirkel moet ’n geel-na-swart-vervaging hê en die tweede moet ’n wit-na-swart-vervaging hê.

Stap 2
Verander die Transparansie-instellings van albei sirkels na Raster en 40% Ondeursigtigheid.

Stap 3
Rangskik die beklemtonings soos in die beeld aangetoon. U kan nog toevoeg indien u wil. Moenie bekommer indien ’n deel van die sirkel vertoon nie—ons sal later daaraan aandag gee.

Stap 4
In die volgende stap gaan ons ’n Knipmasker toevoeg, wat in effek die beeld snoei.
Skep nou ’n reghoek en skuif dit bo-oor die prent. Dit moet alles insluit wat u in die finale beeld wil hê.

Stap 5
Kies alles (Control-A) en klik dan die regtermuisknop waarna u Maak Knipmasker moet kies.

Knap Gedaan, Nou Is U Klaar!
Wat nou? U kan nog bykomende teksture (u kan ’n bruikbare voorbeeld vind in die argief wat u vroeër gebruik het) en rondspeel tot u ten volle tevrede is met u winteragtergrond!

U het in hierdie tutoriaal geleer hoe om ’n winteragtergrond te skep deur hoofsaaklik die Netnutsmiddel en die Simbool Sproei-nutsmiddel te gebruik.
Ek hoop u het hierdie tutoriaal geniet en geleer hoe om ’n paar handige nutsmiddels in die toekoms te gebruik!
Hierdie winteragtergrond is deel van my Drie Kerslandskapbaniere en daar is selfs meer in my portefeulje!

Subscribe below and we’ll send you a weekly email summary of all new Design & Illustration tutorials. Never miss out on learning about the next big thing.
Update me weeklyEnvato Tuts+ tutorials are translated into other languages by our community members—you can be involved too!
Translate this post